De Royan Winter 2010 Nuusbrief  English
 

   Beste wyn vriende & familie,

 

 

Sjoe, wat ‘n winter! Diegene wat die voorreg gehad het om die FIFA Wêreld Beker wedstryde by een van ons sokkerstadiums of ‘jolkolle’ by te woon, of die wedstryde tuis saam met vriende en familie gekyk het, sal weet dat hierdie winter een van kleurryke, vuvuzela-zoemende en uitgelate viering was.  Die 2010 winter sal heel waarskynlik deur ons generasie onthou word as een van die mees opwindende seisoene van ons tyd!

 

  Lelienfontein Wingerd Kwekery
 

Ons wingerd ondervind tans ‘n welverdiende ruskans dié winter, maar so tussen die sokker deur was ons Lelienfontein wingerdkwekery druk besig op die vooraand van die volgende seisoen. Lelienfontein word algemeen beskou as die mees suksesvolle wingerdkwekery in familiebesit in die Suidelike halfrond en bestaan reeds sedert 1888. Ons is bevoorreg om te kan put uit generasies van kennis en ervaring in wingerdbou, ligging en die beskikbaarheid van ‘n wye verskeidenheid plantmateriaal. Dis hoekom jy kan verwag om ‘n Rosé te drink wat gemaak is van 27 verskillende druifvariante afkomstig uit ons wingerde, want dit is hoeveel variante ons kweek in ons wingerd op Hermanus! Lees gerus meer oor die 2010 Rosé wat op 4 September 2010, tydens ons bekendstellingsnaweek, vrygestel gaan word.

 

Bosman Bekendstellingsnaweek – 4 September 2010

Kry uit jou kalender. Blaai na 4 September en maak ‘n nota: ‘Bosman Bekendstellingsnaweek. 11h00-16h00.’ Ons trakteer jou graag op Lelienfontein tydens ons eerste jaarlikse bekendstellingsnaweek. Kom geniet ‘n luilekker dag op Lelienfontein en proe ons wyne saam met heelike canapés by verskeie stasies binne ons eksklusiewe 250 jaar oue kelder teen die agtergrond van die eksotiese klanke van Veronica en Ludmila van Zamar. Hierdie geleentheid is bedoel om jou ‘n kykie agter die skerms te bied op die familie se 8ste generasie wingerd-en-wyn storie en beloof om te poog om iets te onthul van  die sinergie tussen die Bosman Familie Wingerde en Lelienfontein Wingerd Kwekery. As die wynproe en canapés jou lus maak vir meer, besoek gerus ons gesellige kuierarea waar smaaklike gourmet happies en wyn per glas of bottel vanuit ons private proelokaal beskikbaar sal wees.  Koste beloop R250 per persoon & R150 per persoon vir Bosman Wynklublede. RSVP by Carla by carla@bosmanwines.com voor 15 Augustus 2010.


Die volgende wyne sal op die dag bekendgestel word:

Bosman Rosé 2010:

Met ‘n bietjie meer kultivars as sy 27-variant voorganger, bied hierdie jong wyn sappige aarbei-, waatlemoen- en rooswater geure. ‘n Fris, vars wyn vir die Lente.
R 600 per kis. Om 'n kis van hierdie wyn te reserveer, klik hier.


Adama Wit 2010:
Ons Adama wyne is absoluut innoverend en na die sukses van ons Adama rooiwyn, volg ons nou met ‘n innoverende witwyn versnit van Chenin Blanc (60%), Chardonnay (20%), Pinot Gris (10%), Viognier (6%) en Semmilon (4%) met die geur van grenadella-, pynappel- en perske mélange. Matige speserygeure, langdurig en elegant. Ons debuut Adama wit oesjaar.
R 1140 per kis. Om 'n kis van hierdie wyn te reserveer, klik hier.


Adama Rooi 2008:
’n Wyn wat aanhou vriende maak waar dit ook al gaan! Ons nuwe Adama Rooi oesjaar met eksotiese donker bessiegeure en volhoubaarheid ‘n gesaghebbende wyn wat sorg vir lewendige bespreking tydens ete.
R 1140 per kis. Om 'n kis van hierdie wyn te reserveer, klik hier.


Pinotage 2009:

As opvolger van ons hoogs aangeskrewe 2008 debuut oesjaar is hierdie ons interpretasie van Suid Afrika se inheemse druiwe met elegansie, volhoubaarheid en suiwerheid van die vrug as fokus.
R 2160 per kis. Om 'n kis van hierdie wyn te reserveer, klik hier.


Optenhorst Chenin 2009:
Een van die juwele van ons Special Vineyard Selection, die Optenhorst Chenin Blanc, word gemaak van 58 jaar oue wingerd (die oudste Chenin Blanc wingerd in die Bovlei Vallei, Wellington). Met gestoofde perske en kaneel geure, is hierdie ‘n trotste weergawe van Chenin Blanc gemaak van ou boswingerd. Beperk tot 150 kiste.
R 1800 per kis. Om 'n kis van hierdie wyn te reserveer, klik hier.


  Die Bosman Kelderdeur Ervaring
 

Die Bosman Bekendstellingsnaweek is ‘n uitstekende geleentheid vir jou om te sien hoe hard ons werk om by Bosman Familie Wingerde vir jou ‘n kelderdeur ervaring te bied wat jy sal onthou. Nogtans, as jy nie ons bekendstellingsnaweek kan bywoon nie, nooi ons jou graag uit om ons te besoek op Lelienfontein in Wellington. Bespreking is noodsaaklik en ons kan groepe van tot 12 mense akkommodeer. Daar is geen koste verbonde vir Bosman Wynklublede nie en jy is ook welkom om vriende uit te nooi.


 

 

Vir diegene in die korporatiewe omgewing is ons is ook ingerig om groepe van tot 12 persone te akkommodeer vir vergaderings indien die behoefte bestaan om in ‘n alternatiewe omgewing uit die boks te dink.

Indien jy belangstel om te bespreek vir ‘n wynproe of ‘n navraag het, kontak gerus vir Christelle by christelle@bosmanwines.com


  Mense is aan die praat oor...
 

Bosman Familie Wingerde het onlangs die volgende kommentaar ontvang:

 
 

Pinotage 2008

4 sterre (Wine Magazine)

93 punte (Beverage Tasting Institute, USA 2010)


“I can say after the recent public tasting that your Pinotage 2008 was a truly brilliant wine! Awesome! Keep up the excellent work! Looking forward for your Chenin Blanc. Cheers!”

(Dusan Jelic, Facebook)


Adama 2008

92 punte (Beverage Tasting Institute, USA 2010)


Cabernet Sauvignon 2007

92 punte (Beverage Tasting Institute, USA 2010)

 
 

As jy dit geniet het om van ons wyne te proe, vertel ons daarvan op FACEBOOK of vertel ons van jou ervaring na ’n besoek by ons kelder op SPITORSWALLOW. 
Ons hoor baie graag van jou.

 

  Seisoenale seleksie
 

Vertikale Cabernet Sauvignon

2 x Bosman Family Vineyards Cabernet Sauvignon 2005  
2 x Bosman Family Vineyards Cabernet Sauvignon 2006  
2 x Bosman Family Vineyards Cabernet Sauvignon 2007  
2 x Bosman Family Vineyards Adama 2008  
2 x Bosman Family Vineyards Chenin Blanc 2008  
2 x Bosman Family Vineyards “27” Rosé 2009  
SEISOENALE SELEKSIE PRYS
GEMIDDELDE PRYS PER BOTTLE
R950 (12 bottels)
R79.17


Klik hier vir meer inligting of om 'n bestelling te plaas!

 

  Projekte ondersteun deur Fair Trade

 

Bosman Familie Wingerde is ‘n Fair Trade geakkrediteerde onderneming wat beteken dat ons jaarliks ekstern ge-oudit word om seker te maak dat ons voldoen aan ‘n duidelike stel riglyne om te verseker dat ons ons boerdery bedryf op ‘n ekonomies volhoubare, omgewingsvriendelike en sosiaal verantwoordelike manier. Ons is baie opgewonde om te sien wat ons Fair Trade projekte vir 2010 reeds opgelewer het en ons hou jou graag op hoogte van ontwikkelings in die area.

 

‘n Nuwe rekenaar vir jeugprojekte en administratiewe take

 

 

Nuwe sportuniforms vir die Lelienfontein Jeugklub

 


  Geen verskonings!
 

Soos jy weet, hou ons by Bosman Familie Wingerde daarvan om probleme op te los – soos om die goeie kwaliteit wyn waarna jy opsoek is, te verskaf. Ons het egter onlangs hierdie video ontvang oor hoe om ‘n bottel wyn sonder ‘n botteloopmaker oop te maak, en dog toe ons verskaf op die koop toe sommer nog ‘n oplossing vir ‘n netelige probleem!


>
KYK NA DIE VIDEO OP YOUTUBE


   Epiloog
 

Dit was Don Millar wat in sy boek Blue like Jazz die volgende geskryf het:

“I never liked jazz music because jazz music doesn’t resolve. But I was outside the Bagdad theater in Portland one night when I saw a man playing the saxophone. I stood there for fifteen minutes, and he never opened his eyes.

 

After that I liked Jazz music.

 

Sometimes you have to watch somebody love something before you can love it yourself. It is as if they are showing you the way”

 

Met die FIFA Wêreldbeker Sokker 2010 as iets van die verlede, wil ek graag van die geleentheid gebruik om al 32 deelnemende spanne te bedank vir die manier waarop hulle ons ‘die pad gewys het’ en ons gehelp het om ‘n liefde vir sokker te ontwikkel. Ons land het dit so nodig gehad. Dit het ons saamgesnoer. Dit het ons oë en die oë van die wêreld oopgemaak om ons pragtige land, mense en al sy wonderlike potensiaal raak te sien.

 

Op Suid-Afrika!

 

 

Wyn groete,

Carla Bosman
Bosman Familie Wingerde
Tel: (021) 873 3170
E-pos: carla@bosmanwines.com
Webtuiste: www.bosmanwines.com


© 2010 Bosman Familie Wingerde | Webtuiste deur Limbik | Kanseleer subskribsie aan die Nuusbrief

As die email nie reg vertoon, klik asseblief hier.